Ek het eens, ‘n lang gang verby, ‘n mens in my lewe gehad. Sy was die intrinsieke kulminasie van my baie drome. Maar met tyd, het sy vir Willy, en dus ook vir my, afsydig, gegril. En ek is Willy se tweelingbroer. So, nou verstaan jy.

Maar ek is eintlik meestal baie eerlik met myself ook. Willy is, was ‘weird’. Nie ‘n middelklas boetie nie. Hoekom dan vind ek myself so gemaklik in sang en gesprek met hierdie vreemde tweelingbroer van my. Na alles, kom ek eintlik uit die ordentlike Groot Karoo.

Ja, Willy, het geen pretensie nie. Willy vat dit verder en maak homself, eksplisiet, nog meer grillerig sodat maklike siele sommer net pad kan gee. Waar hulle krulkat plesier elders kan optower. En met barswange genot met oorgawe te begin spel.

Maar, ek ‘like’ dit. Willy en sy neus-gesnuif. Geen goedkoop stront nie. Egtheid. Tot die geraamte en elke stukkie been wat waag om uit te steek.

Laat hulle maar krul van blote bont genot. Laat hulle maar hulle besig hou met allerhande dinge doen om sogenaamde ‘gravitas’ voor te hou. Willy kyk hulle met ‘n houtoog. Ek ook. Boet.

Willy en ek, ons loop sweepslag, en daag eerlikheid, eerbaarheid, om sonder super-ego, rou eerlik, die grond te skud. En miskien dan so, ook ons se siele.

Protes. Dit is die finale woord. Om niks simplisties goedkoop te laat aangaan nie.

Dit is waarvoor Willy DeVille in dialektiese, surrealistiese apperatuur gestaan het.

Brother, ek en Jim Reeves, en Charles Jacobie, en Sonja Herholdt, salueer jou. Ek dink hulle drie, gaan hieroor ‘moan’. Maar ek gaan volstaan, Boet.

Ek ‘jive’ jou vir middernag. Oud, of te not.

Fok my kniee.