Ja, so in 1969 of wat, stuur Bob Dylan vir my daar in Kempton Park, op die Oos Rand van Johannesburg, ‘n angstige nota. Ons was toe al ‘n paar dekades lank groot vrinne…., Ag sjarrup sus, “Hi Wim, man, I am in trouble. This song is a song. With soul, with soul. And you are the man to bring the words home too. Give it to me man”.

En ja, omdat ek en Bob so sulke groot vrinne was, gaan sit ek en skryf. En skryf. Sielsgoed. Maar so, dat aan die einde van die dag en die ‘song’, dit bloot Bob, Bob Dylan sou wees wat die heelal se erkenning sou ontvang.

Dames en Here, broers en susters, edelagbare, hier dan. Bob, Bob Dylan se song. Met my woorde…

Ag sjarrup sus, sorry edelagbare.

En ja, kwart oor twee, in die oggendure, op die balkon, harmonize ek en Bob. So dat die bure vier strate weg, ook mooi musiek kan hoor.

Jis, Ek belowe. En sukkel daai Bob om by te bly…