vroeg oggend lewer hulle haar af

die donker donker vel vrou wat wil werk

hard werk meneer

oor haar honger vlakte kinders

sy sit haar handsak trots plat neer

kyk my met oë wat hoop vir menslikheid

kyk my met oë wat lyk of sy  hulle  vir iets probeer bid

broos die speelruimte op die dag

banale banale skoonmaak werk

vir geld vir kos vir kinders

skoonmaak skoonmaak die blare die vloere die mure die stoof

met ‘n besem ‘n besem

ballerina sy deur die vertrekke

vee vee vee

was was was

vee op vee op

en nee

sy het nie gesien ek sien nie

hoe sy ‘n vuil kol teen ‘n muur baie kwaad skoon maak

skoon vee

omdat haar se ma haar so geleer het

om alles alles maar altyd skoon te maak

en miskien dalk dan

kom ‘n wonderwerk

op op teen haar donker skoonmaak arm op

soos ‘n verlore droom skater groots op op

opgestap

miskien nie vandag nie

miskien nie more nie

miskien nie oormore nie

miskien miskien

miskien

Wim van der Walt