Dit is die jaar 1944. Die mense, soldate, maak mekaar wyd dood. Die mense maak mense in gaskamers bloot dood. Mense gooi bomme op stede om ou mense en kinders sommer net maalvleis, stinkvleis, te maak. Mense wat mense soldate noem, gryp die vyand se vrouens en verkrag hulle. Maak vir hulle lekker wreed seer. Mense mors met die mense.
Maar elders, speel die manne rugby soos in bloot dood gewoon. En staan aan vir ‘n spanfoto met regop rugge.