In 1968 kom hierdie fliek uit. Nie meer daar in Victoria Wes toe nie. Daar ook seker. Maar ek was in Kempton Park op die Oos Rand van die toe wye Transvaal. Dit was Saterdagmiddag en die fliek se naam was Villa Rides. Vasgenael. Die fliek praat van groot trots. Van verlange na dinge. Van verlies en hoop. Van tragiek. Die fliek maak musiek wat mens laat splinter en smelt.
En jy is maar half Afrikaans en ook wyd verlore. Die mense rondom se seerkry maak dat jy nie sonder ‘n gewete bloot ‘n mooi meisie probeer opsoek nie. En bliksem, hulle was mooi. Die biblioteek maak niks makliker nie. En Milan Kundera se mees unieke titel vir ‘n boek was nog in aanwagting in 1984. The Unbearable Lightness of Being. Maar Villa Rides. En daardie musiek loop dekades vorentoe plat.
Ek dink Doc Holiday het ook hierdie fliek gekyk voordat hy in Tombstone gespeel het.