In 1968 maak hulle ‘n fliek vir ons mense daar op die Oosrand van die toe se Transvaal. Villa Rides, word in Kempton Park in 1968 vertoon. Ons manne sit daar in gelid om te fliek. En daar begin Mantovani se musiek om die fliek so te belig dat ‘n wordende mens se hart begin sielsverlang. Tragiek, brose dapperte, verlange, gister wat oormore se hopelose toekoms brewe broos aanpraat.
Maar Villa ry sy perd. Dapper trotse hopeloosheid. Ek klim agterop en ons ry met ‘n ‘swing’ more toe. Villa, met ‘n reguit rug. En ek.