‘n Tyd gelede sien ek ‘n duidelik deurmekaar man staan op ‘n sirkel se sirkel, en hy maak moeite, groot gebare, om die voertuie te wys hoe om om die sirkel te ry. Hy raak half kwaad as hulle hom half verstaan en anders maak as wat hy bedoel. So gaan hy aan. In ‘n eie wêreld. Toe ek my een seun hierdie op ‘n latere geleentheid vertel, het hy stil half bewoë geraak. Die sukkelaar in die lewe wat hom as ‘n verkeersman met gesag voorstel. Soos my vader dit eens baie lank gelede sou sê, ‘Van waar Gehasi?’.

Maar ek het toe geweet, hierdie is ‘n mens met ‘n on-vermoë om die normale lewe te hanteer. Hy was, is, ‘n gevaar vir homself, en vir daardie broos meisiekind met haar leidshond wat daar verby moet stap na iewers, na wat.

So volg ek hom. Sien sy blyplek. So gaan klop ek aan daardie deur. So maak sy ma die deur oop.’n Ou klein vroutjie. Op haar eis. Met ‘n baie deurmekaar kind wat al sterk in sy dertigs’s is. Sy is bitter broos. ‘n Kind wat haar dreig, wat maak dat sy nie kan slaap nie, nie kan eet nie. Eintlik nie kan leef nie.

Hy kyk my kwaai aan. Wie? Dink ek is ek? Maar ek dink hy sien. Ek sal not ‘n moer ge-intimideer word nie. Flick knives, hammers, or whatever.

Maar ek is nie net kwaad oor hoe hy met sy ma maak nie. Ek sien intelegensie in daardie verwilderde verwarde verlore oë. Ek weet die lewe het met hom gebeur. En nou weet hy nie meer hoe nie. Al doen hy dinge. Al bly hy lank weg van waar sy ma oor hom wonder. En so sien mens maar weer die verskeurdheid van die lewe.

Die vraag. Hoe om pyn minder te maak? ‘n Soet trosie gaan nie werklik help nie. Ook nie ‘n gebedjie nie.

Die bittere werklikheid. Sukkel dae lank om die polisie betrokke te kry. Om die verskeurde mens na ‘n hospitaal te neem sodat hulle hom professioneel kan assesseer . Alhoewel hy reeds voorheen daar ligtelik terug straat toe, huis toe gestuur was. Ek skaam my vir daardie lukrake ‘professionele’ opsomming.

Uit eindelik kom die polisie aan. Demmit, die polisiemanne swart, die tussenganger wit. Maar hulle vind mekaar. Humor maak vreemde momentele omtmoetings. Mens weet. Hulle, soos ek, gaan ietwat vorentoe met andersoortiges omgaan.

Hulle vertrek. ‘n Indiese, of bloot bruin Afrika skoonheid, ek onseker, maak of sy ‘n mediese dokter is en kom praat met die jongman se ma. Ek neem deel in belang van die ou vroutjie wat moeilik selfs dinge op pampier kan spel. Die jong Afrika skoonheid hoor die intrede van die witgryskop witman oor dinge. Hoor, dink ek, dat hier nêrens ego ter sake is nie. Net die geveg om ‘n ou vroutjie wat so swaar kry, by te staan. Ek sien sy kyk skuins oor die ou witman wat psigologiese projeksies bevraagteken. Sorry, maar ek speel nie meer ring a ring a rosy nie. Darem al ook ‘n paar boeke gelees. Darem ook al ‘n paar komplekse lewensverhale ‘n naam wat dalk mag hou gegee.  

Die deurmekaar jongman word opgeneem. Ek gaan lewer sy mamma af by haar blyplek. Twee dae, twee nagte van vrede, soort van, wat voorlê. Soort van. Hoeveel letters het hartseer?

Ek sal haar flippin Maandag weer hospitaal toe vat. Maar, as daardie dokter, soos voorheen, simplisties mediese uitsprake maak, simplistiese slotsomme maak, wat ‘n verwilderde ma met ‘n verskeurde kind en pille huis toe stuur, gaan iemand hier ontplof.

Hoor jy my Joshua? Siddharta? Confucius? Mohammed?

Mens kan nie met mense se pyn lukraak omgaan nie. Julle, julle, het my dit geleer. Jy Joshua, het Grieks mens geleer, het die mense vanuit jou ingewande jammer gekry.

Wim van der Walt