Sign In
Home
W. Reading
Venezia Maskers
Venezia Maskers
Save
Share
Ja, dit was die 1980’s. My hart wat met wakkerword vir, na, Venezia bly verlang. Nou en toe. Italy. Italia. Daardie stadige waterkanale wat langsaam wuif langs afstaar geboue en weer aangaan. Daardie kaalskouer stegies. Daardie ou geboue wat stom, en beef, met ‘n verlang lyf, hardop, met diepnag en sonsopkoms stil neurie en vorentoe sommer so net begin sing. Venezia. Venezia. My hart verlang. Die Taljaners met hulle se gesigte. Die mense van ver wyd elders wat met ‘n mens glim voor hulle ‘n pizza en ‘n glas wyn saam begin lag. Oor die dankbaarte. Dat mens Venezia mag ervaar. En ou musiek, en maskers wat mens na die Bal kan, mag dra. En die winkelman wat my hierdie twee verkoop het. Dankie Taljaner. Ek ‘toast’ jou en julle vir die res van my leeftyd. Dankie Taljaner. Hulle, die maskers, bly smeul, bly smeul. Hulle hou bloot, net nie op nie.