En so kom U2 Kaap toe. Groenpunt Stadion. En tussen die ‘cool crowd’ sit ek. ‘n Middeljarige pappie. Ek bewe maar op ‘n manier wat die mense nie moet kan sien nie. Later hoor ek dat my een seun ‘n doek op die verhoog gegooi het en dat The Edge dit bloot afgeskop het. Maar Kaapstad op daardie aand kon eer verleen. Aan U2. Ek was op my eie ook daar. In die oopte van die mooi nag.