Daar is momente in ‘n mens se lewe. Soos die middag wat Kahlil Gibran op die Oosrand sy boek kom bekendstel het. In ons herfsmiddagtuin. En ‘n klomp jare later, ek geklee in ‘n gryspak met grys skoene en ‘n grys siel wat skielik hoor hoe The Waterboys hiri song vir my kom sing het.