I have seen a lot of very special movies in my life. I have them on record to revisit.

Maar vandag, terwyl my vel oor vele dinge pyn, stap ek weereens die Bellville Biblioteek in. Waarsku die vroulike wag dat daai Pikkie wag, ernstige blik in my oge, is baie gevaarlik. Sy moet hom dophou. Hy bars ‘n lag. Sy ook. Ek stap in.

Stap die kunsgallery in. Onthou die dinge. Onthou die ‘preciousness’ van tydelikheid. Onthou die historiese kantelende moment. Onthou. Onthou.

Die kunswerke praat wyd met my. Veral een. Ek mag dalk vanaand gaan steel om dit te kan koop.

Maar ek maak daar klaar. In heimwee, stap ek die biblioteek deur. Neem skelm fotos. Vind ‘n opbouende dvd vir iemand in nood. En vat ‘n ander raak.

The Color of Paradise. ‘n Iranese fliek van 1999.

Ek kyk. En ek sidder. En soms kom daar trane op my wange. Want ek is ‘n geworpe pof van hartseer verlange. Wat ‘n fliek! Ek ken Fellini. Ek ken Wim Wenders. Ek ken baie spesiale flieks wat mens laat aand laat vermurwe.

Maar o donner. Vanaand nog ook The Color of Paradise. As jy ‘n sussie is, ‘n sissie is, stuur verby. Hierdie fliek van Majid Majidi, praat op enige hoogte saam. Briljant.

A few sentences from the movie-

Our teacher says that God loves the blind because they can’t see…But I told him if it was so, He would not make us blind.

I want to catch the wind

That tree, it is taller than you by one leaf

These hands say they can learn many things

They all run away from me because I am blind