Dames, geagte Here,

Dit is Maandagaand. Die krag het gekners. Weereens. Wat, wat de bliksem doen mens? Jy kry Talking Heads aan die gang. Dit is donker. Maar demmit, met ‘n glas wyn in die hand, die donkerte, en die stom stilte. En, dan aktiveer jy vir Talking Heads. Sodat jou heupe en kniee simpel in die donkerte ‘n protes kan begin stippelhuppel. Op ‘n punt kan jy ampers dink jy is beter as hulle. Hulle kan nie, kon nie, so wyd die donkerte se gat met ‘n ‘vengeance’ skop nie. Eskom, se gat.

Ons, verlang blerrie lig.