Eerstens ‘n eksistensiele weergawe… ‘Sylvia’ het daar naby my/ons daar op die Oosrand gewoon. Ek het haar voetstappe betyds geluister. Hoe mens goeiemore vir vogels in die bome behoort te se. Hoe mens vir ‘n mamma koebaai moet sing soos in amper fluister. So het dari Sylvia gemaak.
En toe word sy groot. En ek word nie toe nie betyds groot nie. Toe dit te laat vir alles raak, het Sylvia oor die heining koebaai gefluister. My darem soort van onthou. My sussie, dink ek, het dit gehoor. Maar sy kon nie praat nie.
Gelukkig was daar Dr. Hook. Hy kon vir homself, en vir hulle, en vir my sing. “So much so”, toe ek weer sien toe staan ek eintlik tussen hulle op dari boot en sing soos almal se gat. Al was ek hierdie kant.
Koebaai ‘Sylvia’, jong onbereikbare meisiekind, en die een vrou wie se naam ek nie kan waag om ooit te probeer praat nie. Nooit ooit weer nie. Haar naam is nie Sylvia nie. Maar mens sing maar op jou eie die stom stilte van werklike metafore.
En maak vensters toe.