Dit was die jaar 1978. Dubbeld gegradueerd, word ek grens toe gestuur. Om presies te wat weet ek nie. Visgevang, terapie aan jongmanne met seksuele skuldgevoellens te gee, gedraf langs aanloopbane. En saans fliek gekyk. So stap ek toe een aand die fliektent in. Soos altyd stampvol. Ek sit, ‘n fliek begin. Die fliek se naam is Suppose I said I was the Queen of Spain. Ligte af, die fliek. Die fliek. Ek hoor hoe manne begin mor, begin uitstap by die tent se deure. Ek sit vasgenael. Op ‘n punt is dit net ek oor. Wat fliek kyk. Suppose I said I was the Queen of Spain. En ek kyk oopbek. Tot die heel blerrie einde.

Toe ek uitstap, kom die Majoor duidelik bedonnerd na my toe. Boos, want die crew moes sit en wag totdat ek klaar gekyk het. Ek en die wye weermagstent op ons eie. Die Majoor stop toe ‘n blou omhulsel in my hande. “Hier’s die fliek. Vat dit vir jou! *^%&”

Vir jare het die fliek saam met my getrek. Toe raak dit verlore. Maar vanmiddag help You Tube toe vir my. Ek het Suppose I said I was the Queen of Spain afgelaai. En vanaand gaan ek dit weer kyk. Tentloos. perkeloos. Die applous, myne, in die vorm van handegeklap sal wel in die buurt gehoor word.

Ek hoop die Polisie het nie vanaand ‘n Majoor nie.

Luitenant Van der Walt.

Hoe glimlag ek nou! Snaaks.