Dit is Peet Jacobs hierdie kant. Ek wil julle net waarsku…luister eers mooi na die filosofiese besinning hierbo gedoen deur Bob Geldof en die Boomtown Rats. Kyk ook mooi…julle sal my, Peet Venter, ag ek bedoel Peet Jacobs ook in die ‘band’ sien. Nou hoekom ek hiri song van my en The Boomtown Rats nou vir julle aanbied, is vir hiri rede. Mense, mense kyk vir mens… Ek stap bloot oor ‘n parkeerterreingronde en die wagte gaan dan almal aan die hardloop na die Polisievoertuig wat daar eenkant geparkeer is. Dan staan hulle, en die polisiemanne met hulle rewolwers en almal kyk na my kant toe. Ek het in die verlede omgedraai om te kyk wie agter my loop wat hulle aandag so trek, maar klaarblyklik is daar niemand dan daar nie? Okay, dan stap ek die winkelsentrum in. En ek sien hoe die winkel-assistente begin fluister en vingers na my kant toe wys. Wat my pla is dat hulle nie vriendelik glimlag nie, hulle het sulke ernstige uitdrukkings wat maak dat ek nie vrymoedigheid het om daar te gaan ‘shop’ nie. Nou vir die ergste. By die Pick’nPaywinkel, wat deur my, Peet Marais en Raymond Ackerman lank gelede tot stand gebring was,koop ek ‘n paar dingetjies soos kaas, polonie, sykouse en kakkerlak-doder en wil dan bloot gaan betaal vir alles. Maar die mense by die ’till’, almal vroumense, se oge rek as ek aankom en hulle praat agter hande met mekaar. En dit maak nie saak watter ’till’ ek kies nie. Kom ek daar, is daar skielik geen ’till’ dame nie. Na ‘n kwartier of so, gee ek moed op, en stap dan bloot by die deur uit met my ware. Ek vind dit vreemd, maar soos ek uitstap begin hulle die reuse deure toeklap. En dan staan hulle almal saam daar binne en kyk vir my daar buite. Wat werklik vreemd is, is dat alle, maar, maar alle winkels skielik dan gesluit is. Met mense agter ruite wat na my daar buite kyk. Ek weet nie wat is fout met mense nie. Ek wil hierdie met my sielkundige bespreek met sy alewige boeke oor gesplete persoonlikhede. Skisofreniese verskyninge. Ek vermoed regtig hy is ‘n ‘undercover’ agent van die geheime polisie. Mense, mense is regtig vreemde goed. Passop vir hulle. hulle praat agter jou rug. Ek belowe.
Pieter Albrecht, ag ek bedoel Peet Marais. Asseblief, moet my nou nie verwar nie. Hulle luister hoe ons fluister. Naskrif – Wim, kan ek jou vra om die tikfoute hierbo dalk reg te stel? Voor die polisie-puriste dit vind? Naskrif naskrif- Gerhard, ag ek bedoel Pieter, het jy opgelet hoe Bob elke keer oor sy rug na ons kant toe kyk? Wim (skuilnaam).