Snede 1 – Hulle groet beleefd by die deur voor. Die glaspaneel kraak ‘n doudruppel.
Snede 2 – Koue en hitte knetter. Die nag wen. Dan weer die dag. Alle wenners bibber ‘n einde.
Snede 3 – Die mense bondel saam. Gebruik broodmesse en blikbreine om mekaar te kerf. Die aarde bol verward rondom hulle.
Snede 4 – Hy rol die stoel saam tot op die stoep. Dankie vir jou boek-lees-stem. Hy gee haar R 400. Sy stap aan.