My naam is skilpad. Ek het vier blitsige bene, maar hier kan jy net twee sien. Ek is nie ‘n huisdier nie. Nee, ek hou daarvan om die grond en die gras te streel. Ek verwyl my tyd ver weg van blatante TV’s, politiese tenders wat familie en vriende voort vat op die pad om die siel stukkie vir stukkie te versmoor. Ek artikuleer ook moeilik griewe goedigheid en lukrake lekker kreetkraai. My vel is te dun vir dit.
Ek is skilpad. Eintlik kan jy sien, as jy fyn sou kyk, dat ek eigentlik ‘n filosoof is. Ek kyk annerkant die algemene uit. Ek het vir Sokrates dopgehou toe hy nog ‘n seuntjie gewees het, maar ek kon niks aan niks doen nie. Nee, want ek kon bloot nie ‘n pen vashou, nog minder iewers pampier te gevind het om om dinge te kon begin klits.

Nouja, amare simul et sapere ipsi Iovi non datur.

Maar nou moet ek eers gaan. Ek hoor hoe groei die gras om vir my ‘n nuwe oerwoud te maak.

Stuur groete vir Marilyn.

Groetnis,

Skilpad