Okay, Ek was tien jaar te jonk. Julle gehoor, Scott. Goed gehoor, Scott. Maar donner, ek was te jonk vir dinge. Ek het gedink ek gaan die trein Kaap toe vang. As niemand kyk nie. Dan ‘n boot. San Francisco toe. Daar waar julle vir my sou gewag het.

Maar Scott, daar was nie ‘n trein by Murraysburg nie. Ook nie van Kempton Park af nie. En daar was nie ‘n boot San Francisco toe nie. En daai mense sou nie vir my kon wag nie. Toe is ek blerrie kwaad. Toe skop ek met kaalvoete dorpstront soos blote grond.

Hey my man, I wuzz wiff you in heart and my verry own soul.