https://music.youtube.com/watch?v=7I0vkKy504U&list=RDAMVMq3QO5TCS-hI

Scott, ek gaan nie langer bloot beleefd en ordentlik wees nie. Ja, jy het soos ‘n hippie siel gesing. Daar in die laat 1960’s. Onse siele laat traan en hoop om deel te wees van hiri, dari, wat jy oor gesing het. Ek het een vraag vir jou Scott McKenzie- Het jy vir enige van dari meisiekinders gese dat ek, jou Suid Afrikaanse vriend, net ‘n paar groei jare nog moes doen voor hy aan hulle se gesigte, miskien aan een van hulle se twee heupe kan kom vat. Nee, jy was meer bek as omgee binnegoet. Toe ek ‘n paar belangrike jare van grootword met erns gedoen het, en ek vooruitstrewend vorentoe gekyk het, was hippieland, en San Francisco en al dari meisiekinders bloot ‘n verlore epog.

Ja, ek is die donner in. Hoeveel ure het ek voor my ma-hulle se spieel gestaan en saam met LM Radio gewieg om ook hippie te kon wees. Jy het geen idee van die gesigsuitdrukkings wat die spieel weerspieel het nie. Soveel ernstige ‘sexy ‘soul’ in die oge, en kniee en tone wat meisiekinders in Woodstock en San Francisco vir ‘n mens moes kon sag maak. Selfs my vingers het op die regte oomblikke vir die musiek reg gekliek.

Alles tervergeefs Scott, blerrie McKenzie. Hulle almal het soos die mis verdwyn toe ek met hippie-snor-mis op my bolip vorentoe gestaan het.

Maar jy dink jy het daai song die beste gesing. Sorry Scott, boet, jy, en julle moet my na 23h00 op die voorstoep hoor. San Francisco – die Bellville weergawe. The real stuff ‘boet’. Ek hoor hoe die dom begrip honde begin blaf en San Francisco katte oor die nag en die nag se geluide klater kerm.

The real stuff ‘boet’. Ek hoop jy hoor mooi Scott McKenzie.

Nag. Scott, dropper, MacKenzie.