Dit was die vroege 1960’s. Springbok Radio se golwe het tot in die Groot Karoo getrek. Radio LM het vir my oor tyd baie moeilikgeit veroorsaak. Maar Springbok Radio het dit begin. En daai blerrie Pat Boone. En so sit ek eendag. En so begin Pat Boone sing. En so verstaan ek nie die skielike gebewe van my skurwe kniekoppe nie. En wat se krul my tone op die houtvloer van ‘n ordentlike huis begin tot uitvoer bring het nie. En wat ek daar voor die spieel in my ma-hulle se kamer probeer verrig het nie? Damn, Elvis. Jy was te laat. Ek was eerste. Eintlik moes hulle my by dari skool Speedy Gonzales genoem het. Sou heeltemal meer van pas gewees het. Speedy Gonzales van der Walt. Dit klink net reg. Net heeltemal, onteenseglik reg.

En, vir die rekord, ek het amper ‘n nekwerwel finale skade aangedoen. Ek het dit in die spieel sien gebeur en ek kon dit nie keer nie. Harsings en ‘n skudding.