Ja, Die Ingelse het kom oorlog maak in Suid Afrika. Te baie goud, diamante om verspot goedkoop te laat gaan. Maar in die Kolonie moes die boere Ingils georienteerd gewees het. Ingilse burgers. En hulle vroue ook.

So, toe Oupagrootjie sy perd opgesaal het, sy seun(tjie) Jannie, 13 jaar oud aangepraat het om ook sy perd op te saal, het hulle verraaiers geraak. En toe dit. Oom Jannie, bloot ‘n kind toe, raak siek in die veld, en sterf daar. Ja, daar in Colesberg se akker, word hy soort van onthou. Maar kind, en jongmens, en mens wees, het my dooie Oom Jannie, 13 jaar oud, nooit gehaal nie.

En Oupagrootjie, het Nederland toe gevlug. Om nie in ‘n Engelse tronk te beland nie. Waar familielede van Oupagrootjie bewaarders vir die Ingilse belange was.

En daar in die Nederlande, het Oupagrootjie ‘n skildery van homself laat maak. Dit staan hier by my lessenaar. ‘n Briljant gedoende skildery. Sorry Rembrandt. Gravitas.

Gravitas. Wat pyn.