Ek het nie huiswerk gedoen nie. Maar so is dit my oorvertel. My Oupa Grootjie, was ‘n Kaapse burger. Tjaart van der Walt het verseker dat daar goediglik na die Van der Walts gekyk was. En toe die Burgeroorlog. En Oupa Grootjie gaan veld toe. Neem 13 jarige Oom Jannie saam. Oom Jannie sterf nie in oorlogvoering nie. Hy raak siek in die velde en daar sterf hy. My Oom Jannie van der Walt. Op die ouderdom van 13. Sover ek weet is daar in die Colesberg begraafplaas iets vir hom opgerig.
En Groot Oupa gaan, vlug Nederland toe. Verraaier, volgens die Ingelse. Daar skilder hulle vir hom.
En ek, het Oom Jannie se foto, en ek, het Groot Oupa se skildery van homself.
En ek, kyk na die oge van my mense.