Nietzsche
Nooit sal ek weer daaraan twyfel
wanneer mense soos lawwe larwes
betekenloos woorde verstik
dat hier en daar
wel ‘n mens en nie ‘n mot was nie
want jy
besnorde vriend uit die negentiende eeu
het smeulend wye woorde waarheid en wonder
na pragwit vleie
laat vli vli vlinder
Wim