Om ‘n mens se hart te breek. Die parlement word vroeg 2022 amper heel afgebrand. Ons wag op die kliniese feite.

Maar hier mens op hierdie skommelende aarde, my eerlike hart.

Mens kan, mense doen so, hulle beroep hulle op die geskiedenis wat hulle in hulle se harte koester. Hulle maak maar van altyd af hulle verlange ‘n diep dogma. Dié kant toe. Daardie kant toe. ‘n Menslike hunkering dat dinge net nie moet bly weg kantel nie.

Maar, die gang van die evolusionêre verloop oor miljoene jare het die kliniese verloop baie duidelik gemaak.

Ja, ons het groot Helde gehad. ‘n Soort mens, ‘n soort van mense, wat iets van empatiese omgang met almal en alles lank voor die res begryp het. Tragiese helde, ek salueer hulle met ‘n regop respek van ‘n rug. Naand Jeshua, naand Siddharta.  

Maar die gang van die geskiedenis het ons dinge geleer. Wie van die mense het wat, wanneer, gedoen om te oorleef.

Die evolusionêre volwassenheidsvlakke bepaal wat die kanse vir menselike samehang gaan wees. Kom ek gee my menslike verlange eerlik deur – Skandinawië. Vergeet Amerika. Vergeet Rusland. Ek probeer om nie langer te gril nie. Hulle het nie oornag mense met ‘n altruïstiese inslag geraak nie. Skandinawië. Bloed en instink het lank ook daar voortgegorrel. Maar met tyd, die verloop van baie tyd, het hulle ‘n manier gevind om mekaar se hande te vat en te verhoed dat ekstreme kapitalisme, ja, hoor my duidelik, narsisistiese kapitalisme, die mense ter wille van geld en meer geld, en meer geld, bloot bly versmoor het.

Die realiteite is hierdie – amper 50% van mense in hierdie land is werkloos. Amper 75% van jongmense is werkloos. Godweet, dit is ‘n resep vir chaos, vir tragedie. Vir anargie. Hoor my. Die pyn sal oorrol in onverstaanbare, irrasionele kwaadgeit.

Ja, ek weet. Die retro-reaksie gaan wees om nog ‘n grot-profeet te probeer relativeer.

Maar die lewe sal die lewe probeer ophou.

Hier, plaaslik, raak die pynvlakke bloot hopeloos te veel. Jy, Jy, hoor, en doen dan wat mens maar kan doen om die pyn weg te keer. Hierdie kant toe, daardie kant toe…Ongekwalifiseerd. Ongedogmatiseerd. Ongekapitaliseerd.  

Wim van der Walt – 082 377 2197