Dit was ‘n vroeg Februarie-maand middag in Pretoria. En ek daag vanaf Sonop Koshuis op vir my eerste filosofie-klas. Ja, Februarie is warm. Veral in Pretoria. Ons is warm en ons wag.
En toe stap Prof. Oberholzer, Obie Oberholzer, die lokaal in. Hy was die middag se lektor. Maar wie van ons het geweet dit was eintlik ‘n guru wat daar voor in die klas gaan staan het?
En Prof Obie begin te praat. Les te gee. ‘n Lewensles.
Prof Obie praat. Hy vertel ons, sy hooggeleerde eerstejaar studenteklas studentekorps, ‘n ding. ‘n Baie belangrike ding. Prof Obie vertel ons, ons het almal brille op. Nie net die jongmanne en enkele meisiekinders daar met brilraamwerke en glas nie, nee, ons almal. Ons kyk na mekaar. Bekommerd oor ons filosofie-dosent. Hy kan nie lekker daar in daardie kop wees as hy so praat nie. Ons het nie almal brille op nie!
Prof. Obie gaan rustig aan. Daar is ‘n glimlag in sy stem. Julle, ek, ons, het almal ‘brille’ op. Ons luister en dit begin duidelik raak. Ons almal kom uit ‘n gegewe tradisie, ‘n ideologiese konteks uit. Dit word diep in elkeen gele, dit raak brille waarmee ons alles rondom ons bekyk. Ja, party mense se brille kom redelik ooreen. Maar verder weg begin brille ander verhale vertel.
So het Prof Oberholzer ons vir filosofie aangetree.
In retrospeksie moes ek opgestaan het, Prof Obie aangespreek het en vir hom te vertel het dat ek nou oorgenoeg filosofie in daardie middag geleer om ‘n leeftyd te duur. En dat ek nou gaan huis toe gaan om nie my bebrilde vader se geld verder onnodig aan te wend nie.
Dankie Prof Obie, dankie baie. Dit was ‘n grootse begin van dinge.
Baie later het ek my eie aanvulling tot daardie onvergeetlike middag gedoen. Wanneer ek die selfbravade van kommentatore, skrywers ens tee-gekom het, het ek so op Prof Obie verder geborduur. ‘Geagte Meneer ‘Gerhard Johannes Scholtema’, ek het gelees, maar dink hieroor. Toe jy gebore was, was jy een van ‘n vierling. Maar jou se ouers was bietjie baie arm, so toe stuur hulle drie van julle weg. Een Engeland toe, ‘n ander een China toe. Die derde baba boetie Indie toe. Jy kon by die huis bly.
En toe her-ontmoet julle vier broers toe twee tot drie dekades later. Die onstigting. Kwaadgeit van elke broer se kant af dat sy mede- bloedfamilie so verskriklik dom, naief, kortsigtig, partikulier oor dinge kan wees.
Wat bewys, Prof Obie was demn reg.
Wim van der Walt