miskien mens

Op ‘n aand soos hierdie

‘n doodgewone een

met hierdie donkerte hierdie skaam skyn maan

is daar hierdie hierdie

‘n vae verskrik verwilderde sypelwind wat wydverlore saam

saam

met dermverlange

 hier aanhou by mens staan en aanhou bly

met ‘n maan stem te bly kerm

blywend bly kwyl

vir ‘n soort van ‘n eerlik gestroopte oomblik

 baie skaam baie skerm skaam

soos in baie skaam

oja daar is wel inderdaad mense

 wat spoegspat alles voor hulle maag en gatkant toe vat

skater vlaktes skater vlaktes

op ‘n aand wat praat van verlang soos hierdie geknipte diep gekerfde aand

 is daar ‘n soort boek wat stom toe toe soos in ‘n huil toe toe vou

is daar ‘n noot wat vir ‘n verlore oor vergeefs ‘n eense ‘n heilige Van Gogh skrou

op hierdie aand is daar waarskynlik selfs moontlik ‘n mens selfs mense op aarde

op hierdie aand is daar waarkynlik groot geloof groot ongeloof

dat ons mense mag kan raak

op hierdie aand huil die stom maan

half baie verleë verlate

dat ons dalk mens

vir ‘n weinige wyle mag raak

voor voor net voor ons

‘n heel laaste asem finaal sluk sug dan finaal daarvan verstik

om darem eens asseblief net eens

net vir een grootse onmoontlike oomblik

teen die prag geelgoue maan regop

soort van trots  

soos ‘n lewendige geraamte

‘n soort trots te bewe

met grasie met ‘n glim soos in breed lag

vir ‘n een ewige moment hoog

en vir ‘n wyle wyle wyd wyd

en dapper dapper hemelhoog

soos iets wat dalk werklik mens is

op

en dapper trots

 vier regop

en godsbroos

vir ‘n kwyn  wyle

in die maanlig

dapper regop  

in die sink van die goue maan

as mens

‘n broos dapperte

twee voet wyd wyd te kan  staan staan                                                        

Wim van der Walt