Mike het vir my so gepraat. Ons het onse hoede en kepse op onse koppe. Ons kan sing, kitaar en viool speel, maar wat van onse voete Wim? Toe wys ek vir hulle in nederige eenvoud die passie van voete wat vloere met woede en verlange, baie drang, (f) hard bly stamp. Sonsondergange in die Karoo, veral op uiters laat Dinsdae middae wanneer die son gesink, gesterf het, het my so van baie dinge geleer.