Mediterraneo is a 1991 Italian warcomedy-drama film directed by Gabriele Salvatores and written by Enzo Monteleone. The film is set during World War II and concerns a group of Italian soldiers who become stranded on a Greek island in the Aegean Sea, and are left behind by the war. It won the Academy Award for Best Foreign Language Film in 1992.
Ja. So neem ek eendag lank lank gelede, hierdie DVD uit by Bellville Biblioteek. Voordat die fatale verval begin het. So kyk ek die fliek op ‘n aand. Mediterraneo. Ja, ek het al baie groot flieks bekyk. Ja, hiri een, laat my met ‘n glimlag en heelwat trane. Ja, hierdie een gaan neem ek een keer per jaar uit om weer te kyk. Die ‘mood’, die musiek in die agtergrond, die menslikheid wat dwangdwing om gesien te word. Die gang van stadige lang verlang. Vir hoop en moreoggend om mooi te begin wyd, wyd, bitter fyn subtiel groot te begin binne, en buite, band te brand.
Kyk die movie. Kyk dit. En dan vra jy die vraag oor werklike eerlike, ontgemitologiseerde menslikheid.
Julle Italianers, julle Grieke. Julle gatte. Ek skop my Europa verlange. Dit wil nie drom toe nie.
Dans, dans, tot anderkant jou rug se breek en so jou siel om dapper dun weer oor te begin. Moenie groot, groot, baie groot, verlang ooit muisvlak minder maak nie.
Moenie.
Moenie.
Wim van der Walt