In Parys, sielstad, onthou ek ‘n Franse straat. Wat stom, so hardop kon skreeu. Met water wat langsaan, ‘n diep donker wye kanaal, wild, stroom en tevergeefs probeer om daardie diep verlange mense geeste, Europese filosowe, skrywers, skilders, wat so dapper, weier om vir ewig te verdrink, om so alles van mens weg tevergeefs dapper weg, te probeer hou. Maar my voete, dom, sakeloos, gevorm, le in ‘n heilige klarigheid daar. Sorry Venetia, Finitzi, jy ook, Italiaanse sielsgevaarte. Jou stupid heilige waterstad. Blerrie, blerrie, diep siel, Europa. Ek verlang vir jou soveel soos vir die dor dor diep Karoo.