Eerstens, ek en Willy DeVille is ‘n tweeling. Identies. Ek is voor hom netnet gebore. Ek sing dalk ietwat beter, maar wie weet regtig wat? Hier is ‘n opname wat ons met ons vaal nefie Mark Knopfler gedoen het. Dit was ‘n lekker aand. Amper soos die een in die Tuinroete…Wie sou kon dink heuwels kan huil?
En Demn, ek en Willy, ons is ‘real lookers’. Hardehout. Willy en Wim. Die bebliksemse tweeling. En die vaal nefie.