My een seun stuur hierdie foto aan. Kyk. Kyk. Hoe beland ‘n mens hier? Sy hopeloosheid. Sy groot verloor. Sy tragiek.Wat is die historiese gang, retoriek, dat hy nie ‘n middelklasposisie beklee nie? Dat hy ‘n groot verloorder is? Wat het in ‘n huis, moontlik ‘n krot gebeur dat sy toekoms so gewink het? Waar het ons hom bloot vir die hienas gegooi?Waar het ons bloot psigies, moreel eties lukraak weggedwaal?Waar het ons flippen vlakker as ‘n eendimensionele siersteenmuur sielsgewys geraak?