Op ‘n oggend staan sy daar. ‘n Jong meisiekind by die verkeerslig. Bedelblikkie, kartonnetjie eintlik. Sy is so jonk. Meer kind as meisie eintlik. Maar daar is sy. Op haar eie. Nie pa, ma, boeties of sussies nie. Net sy. So fokken jonk en verlore. God se naam is Drugs. Hy is baie sterk. Sterker as almal anders.

Ek stop by haar. Gee vir haar geld. Weet dit gaan of drugs of kos beteken. Ek praat met haar. ‘Nee’, se sy, nie ‘drugs’ nie. Ek verjaar vandag Oom’.

Op ‘n ander dag stop ek weer daar. Magda, ons moet jou van die straat af kry’. Sy kyk my die oom so. “Ja Oom, ek wil”.

Ek kry my studentevriend Fanie die dominee om met my haar saam te ontmoet. Sy daag nie op nie. Ek het dit half verwag. Haar kop werk so. Hy gaan maak dat ek nie vanaand die kalmte van ‘n ‘drug’ gaan he om die duiwels weg te hou nie.

Daarna skakel ek met die ‘gesofistikeerde’ maatskaplike kantoor van die staat . Vertel die jongman my. Ja, hulp is daar. Sy moet net kom vra. Ek skakel met ‘n kerkkantoor. Ook stories. Kry wel ‘n instansie om te kom kyk. En hulle vertel my dat sy gevlug het na die boyfriend daar naby. Pontius Pilatus het baie wasbakke om hande silwerskoon mee te was.

So sien ek haar van tyd tot tyd. Sy is bly om my te sien. Ek is R 10 werd. “Oom moet ‘n lekker dag he, Oom’.

Sy weet, dink ek. Die Oom voel vir haar soos ‘n verlore kind. Maar die Oom kan haar nie in sy kar inneem nie. Die tonge sal klap. En waarheen God?

Magda, was fyn, broos, skoongesig eintlik. Oop gesig. Oe wat mens kyk. Ek sukkel om haar weer te sien. Sy is baie weg. Die laaste keer wat ek ‘n paar rand oorhandig het, het ‘n mede-bedelaar, ‘n man met ‘n wilde kyk, haar kom uitkak omdat sy hulle se geld vat.

Nie baie lank gelede nie, sien ek haar, halfbly weer. Sy is nie dood nie. Sy leef nog op middelmannetjies van paaie. Maar Godweet, sy lyk sleg. Haar vel is ‘n smeltkroes. Puisies. Hare wat verstard opstaan. Ek praat, soos ‘n middelklasvark. “Ons moet jou hier weg kry”. Sy kyk my. “Dankie Oom. Oom moet ‘n lekker dag he”.

Nou is Magda al ‘n ruk weg. Waar is sy? Dood?

Ek kyk die ander manne wat daar rond hang. Tussen hulle sou sy moet oorleef.

“Dankie Oom. Oom moet ‘n lekker dag he”.

Wim van der Walt – ‘tap dancer’ van middelklas gevestigde waardes. Stem vir my om Pous te word.