Ja, daar was daardie VanderWaltman, ‘n blote wese van Flaandere, gelyn op die breuk tussen die Nederland en Belgiee, wat nie ‘n prokureur was nie, wat nie ‘n handelaar was nie, so toe raak hy boot en ‘n man, en hy seil Afrika toe. Om daar weer te probeer. En die planeet gee hom ‘n zeit vergessenheits kans. Hy maak dit in Afrika. Hy kry grond. Hy het ‘n plaas. Hy maak plek vir my toekoms. Ten spyte, ten koste van ander. Maar wat weet ek. Ek, bondel baba in die Groot Karoo wat geen respek vir doeke gehad het nie.

En wat het Geeles van der Walt regtig reggekry? Die huil van sy hart oorgeplant. ‘n Vrou hier, ‘n kind daar. Die groot probeer. Die groot verloor toe die kontinent bloot logies na feitelikheit begin kantel het. Al het Tjaart surrealisities anders probeer.

Maar ons, ons kan met Iere saamsing. Ons. Ons, met ons lippe en ons kleintongetjies.

Wilhelmus. Van Nassouwe.