In hierdie baie donker en hartseer tydperk in die wereld, darem toe ‘n ligte moment. Ek neem ‘n Kaptein in die Polisie om na ‘n woonstel te gaan kyk. Hy is daar in vol mondering, blou uniform, formidabele sterre op die skouers. Op die moment wat ek met my ‘tab’ die woonstelblok se voordeur wil oopmaak, kom iemand haastig van die ander kant af en werp die voordeur oop. Hy sien toe ommiddelik dat die gereg op hande is en sy oge rek. Maar toe is die Kaptein ook reg vir die situasie en se ewe droog, ‘ We are looking for you…’ Die jongman se gesig verstar, hy sterf drie dode en raak wasbleek. Maar toe ek uitbars van die lag besef hy darem dat hy hierdie rondte gaan verby kom… Ek het ‘n glimlag vir die res van die middag op my gesig gehad en sal nie daardie moment vir ‘n vol lengte fliek verruil nie! Daar was ook darem geen vreemde watermerke op die vloer by die voordeur nie. Ek het daarvan seker gemaak. Vir enige ander moontlike liggaamsreaksie, was daar nie ruimte vir verifikasie nie…