Ek staan by Bellville Biblioteek se toonbank en ek bieg. Soos dit hoort. Biblioteke behoort biegplekke te wees. Eenkeer ‘n jaar, vertel ek die twee, ietwat grootoog, toonbankmense, neem ek hierdie movie uit. La Strada. Van Federico Fellini. Vertel ek hulle. Om seker te maak dat ek hopelik mens moontlik mag bly wees.
Want menswees word so op te veel maniere bloot dag vir dag versmoor. Vermoor. Ja. As jy jouself mens noem, en Gelsimina ( Guilietta Masina), hou net nie op, op om ‘n mens groot oog, met groot eerlike, broos verby, mense oë, te bly aankyk totdat jy hart nie meer weet hoe om op te hou wil huil nie. Federico Fellini, jy is nou dood. Maar, ek sê nou vir jou, jy was ‘n wye Italiaanse bliksem. ‘n Ongelooflike universele bliksem. Nag ou grote.
“ Fellini has called La Strada “a complete catalogue of my entire mythological world, a dangerous representation of my identity that was undertaken with no precedent whatsoever.”
So berig hulle oor jou. Jy op jou regiseursstoel. Soos jy hulle kyk hoe hulle moet maak om iets van menswees staan te maak. In hierdie geval Anthony Quinn, dônner, skiet hom. Toemaar, moenie ‘worry’ nie. Die see sal hom later laat huil. En sy. Gelsimina. Wat wil, wat bly glo, anderkant die grense van waar mens liefs moet ophou.
Vroeg reeds vra sy, vra Gelsimina dit. “Are we in the circus too?” Gelsimina, Felini antwoord. “The fool’ in daardie fliek van flieks, antwoord jou ook. Ja, ons is almal gegooi om in die sirkus plek te vind. Hulle praat dit mooi, maar hierdie kant toe, daardie kant toe, ons, ons, ons doen ons ding in hierdie sirkus. Gee dit net sulke mooi gekose, verhewe name.
The Fool. Hy sê so. Fellini, sê ook so. “Dogs, look at us, wanting to talk, but bark instead”. Iets van hopeloosheid van kommunikasie wat huistoe wil kom. Maar wat nie ‘n huis het nie. Maar hy, daardie clown, sy hart pyn vir hierdie brose Gelsimina en slim slim praat hy met die grootsheid van sy narre hart. Hy praat van haar, met haar breekhart in gedagte, wanneer hy sê,’I don’t know the purpose of this stone, but it has one…because, if it is useless, all is useless. Even the stars…that is what I believe”. En Gelsimina kyk verwonderd na die klippie wat hy haar aangee, soos wat dit in haar hand lê. Die klippie, en die sterre daarbo. En sy ook. Sy het ook ‘n plek.
Fool, sakrale gek mens, gek, Zampanó, gaan vir jou doodmaak. Fôk jou Anthony Quinn, jy is ‘n kru skurk van ‘n briljante akteur. Jy mors met siele in hierdie fliek. Perkeloos. En bly dink om dit ‘n slim gemanupileerde naam te gee. Klippe, sterre, elkeen, het essensiëel betekenis, daarteen, sê The Fool. Dié klip, daardie mens, daai vervloeë sterrietjie daarbo. Jy, Gelsimina. Alles, of Fellini, en ek ook, wil nie onse name hê nie.
Gelsimina glo grootoog heroiëse ‘destiny’. Jy, Zampano, glo opportunisme. In ‘n ander eeu kon jy ‘n politikus of ‘n besigheidsmens gewees het. Selfs ‘n President in ‘n leier land. The Fool skeur gat. Om die groter huil te probeer keer.
Kan jy onthou Zampano, toe sy vir haar mense koebaai gewaai het? Daardie brose wyd gespreide verlore handjie en vingers? Nee. Jy sou nie. Ander dinge maak saak. Jirre. Jirre.
Sy het twee kanse gehad om van jou weg te kom. Die sirkusmense wou haar lewensritme akkommodeer. Later sien ‘n intuïtiewe non haar brose hopeloosheid. Bied haar toegang tot die klooster toe. Maar nee. Destiny. Dit roep. My siel weet ‘n fokken ding. Hier is die vroulike Don Quixote. Die groot droom, om so groot soos ‘n mens se fynste kante van ‘n siel te mag voortloop, maar dit het julle beide bloot vernietig.
Op ‘n punt hardloop sy, Gelsimina, see toe. Die verlange na onbevange universalisime. Maar dan draai sy in haar brose spore om. Om weer Zampano se tuinkabouter te wees. “Who else than me will stay with you?” Gods. Die messias-impuls. Heiliges vra om gekruisig te word.
Ja. Sy verloor. Verloor groot. Hy los haar langs ‘n muur waar sy ‘n droomgesiggie slaap. En ry weg. En dan, baie later, op ‘n ander plek, hoor hy klanke soos wat sy altyd haar verlange met ‘ n trompet staangemaak het. Hy vra vir ‘n mens by ‘n wasgoedlyn daaroor. Daardie vreemde een. Sy is nou dood.
En Zampano, later, dit is donker, en dit is net hy en die strak strand en die nag. Die nag. “I don’t need anyone. I want to stay alone”.
Maar Zampano lieg. Hy mis die nimf. Die brose, brose mense nimf. Maar sy is dood. Sy kan nie weer terug kom om dapper mens te probeer wil wees nie.
Federico Fellini. Bliksem. Jy, jy kon nie eers sepie-flieks suksesvol maak nie. Sies man. Jou mislukking. Nag jou dônner. Nag Federico Fellini. Dit is maar net my stupid hande wat hier vir jou oor die grondigheid van aardse heiligheid hande klap. La Strada. Federico Fellini. Italiaanse meester.
Verkrygbaar by sommige biblioteke.
Wim van der Walt – Bellville