Ja, dit was die vroee 1960′. Dit was die Karoo. Victoria Wes, om presies te wees. Dit was ‘n laaitie wat radio, LM Radio, Springbok Radio, so, blatant ontdek het. ‘n Katarsis. ‘n Siels-ontploffing. Baie kante toe.

Maar toe, Jim Reeves. Die stadige melodieuse stem wat ritmies jou ore aangeval het. Jim sing. En laat aand skakel mens LM Radio af en se dankie Evelyn Martin. En ek weet. Jy, mens met ‘n stem, is onlangs oorlede.

En more deur die volgende dag, dit was Saterdag, of vakansiedag, soek jy weer na Jim se sang. Vind dit. Springbokradio. En jy luister. Daar in die eetkamer. En terwyl jy na Jim luister wat jou siel in sing, kom jy iets agter. Aia Mieta. Griekwa huisbediende. Sy vee vloere vanaf die Van der Walt’s se gang radio se kant toe. Om ook na Jim Reeves te kom luister. Verwondering. Aia Mieta. En ek. So het dit begin.

So het dit begin. Die laaitie met sproete en kniekoppe, en die kreukelgesig Griekwavrou. Ek het radio bly luister. En wanneer ek dit so geag het dat Aia Mieta ook hiri een sou like, het ek dit harder gedraai op die radio. Groot was my vreugde wanneer sy besem nader gevee het, om ook te kon luister.

En eens, het ek hierdie waargeneem. Op ons Karoo stoep was ‘n kas. En toe vind sy muskiete daarin. En met haar kraakstem het sy hulle uitgekak. Hulle verwaandheid om daar te skuil. En toe het sy hulle gesink. Ek het dit met ‘n grinnik waargeneem.

Maar Aia Mieta het ook nie onbepaald by ons gebly nie. My se moeder het eie psigiese aanvegtinge gehad. En toe was Aia Mieta ook sommer weg.

Ek weet nie. Of daar LM Radio, of Springbokradio in die lokasie was nie.

Miskien was daar darem muskiete.

Maar nag kraakstem Aia Mieta. Jy was ‘n kreukelgesig ster in my se lewe.

Miskien het hulle in Boston, Bellville ook muskiete gehad.

Miskien, het Jim julle ook gedink, en gesing.

Wilhelmus van der Walt