https://music.youtube.com/watch?v=OMbAAV5KoVs
Ek kan die laat middag onthou. Ons wat Neil Diamond luister. I am I said het hy gesing. Ons het op die grond gesit. My meisie se huis. Haar pa ‘n dominee. Hy het verby gekom en gevra wat se nonsens is dit? Ek het uit respekte niks gese nie.
Maar Neil, het diep getref. Lirieke wat gestoom het. Eksistensie wat Ja Pa, Ja Ma, Ja Julle Almal gese het. Hier was hy – mens wat kon sing. Mens wat sy ingewande, sy derms, gewys het. Mens wat eksistensie ‘n eerlike les van die lewe wou leer. Hy het daar soos ‘n profeet, ‘n priester gesing. En ons gepeupel, het daar gesit en met diep oordrommels geluister. En op daardie moment het ek geweet, my held, my meisie se vader, het dit nie vir my wyd gehad nie.
Verlies, spel mens met ‘n klompie van letters. Sadness, het ook nog letters by gebring.
En letters hardloop steeds wyd. Verlang ‘n wye drang. Verlang daai dinge wat Neil Diamond oor soos ‘n maagsnit gesing het.