Dankie doodboom Johannes. Jy het siel gehad. Te veel eintlik. Te min manie vir geldmaak en bloot kakpraat. En Hillbrow was deurentyd somber stil daar om met ‘n mens in tale te praat. Die boekwinkels. Die musiekplekke. Die flieks. Eksistensie op teerpadstrate. Mens kon selfs jou se moeder saamsleep na ‘n fliek soos The Tin Drum. Hillbrow. Demmit, daar kon die son soos nerens anders nie bloot besluit om onder te gaan. Maar laat nag sou daardie toring die nag deeglik daag. Daardie toring sou bly verlang. Met stom lang geluide vir die nag se verstik verstik plesier.