Hierdie hierdie wydlyf wêreld is bitter bitter oud verby
hierdie stomstem wêreld het so lank lam lam tongloos mensloos stil gelê
hierdie krulkreet hard hierdie ver verlang wêreld is slaansak stomp gestamp
al baie seer gekry
so ver so wyd so perkeloos so pyn perkeloos rond gestoot
tot die son krultand afstandgewys tevrede was
toe het die wye wêreld met ‘n soort van diepdrang
soos ‘n huil begin om en om te draai
en toe
kom die water die plante kom die bome die takke die bokke
toe kom die tweebeen een met arms wat son soos die maan verlang
toe pleit die tweebeen een ‘n hemel weg van hierdie rou hel rondom hulle hom haar
toe smeek die tweebeen een ‘n lewe
toe klap die tweebeen een
toe klap die tweebeen een
die gaping sy kant sy haar kant toe
na sy gloei son na haar diep rivier na hulle se skynmaan kant toe
weg van ander twee bene soorte wat ook enig hopeloos wou verlang
en toe klap die tweebeen een almal anders baie kliphard
almal almal in die pad van sy haar tweebeen droom
hulle wat blatant blatant meester meester wyd in wou kom skuifel
kom in kruip om die hele pad na elders baie elders
weg van ons ons
die eintlike mense
die eintlike mense wil wou baie weg vat
hierdie maan hierdie son hierdie baie wye ver lang
lang lang verlang
Wim van der Walt