Dankie Wimpie. Vir hierdie goette hier rondom. Boekrakke. Met baie boeke daarop. Baie boeke, wat groot eie geraas maak. En skilderye en beelde bo op. Wat groot eie geraas maak. Eie geraas maak. Sonder dit, is dit baie blikstil. Veral tydens Load Shedding.
Dankie bliksem. Blikstilte, is ‘n vier by vier motorkar. En ‘n huis wat soos ‘n verlate klawer bly dribbel in klater – skater – goud.
Boeke, en musiek, en beelde en skilderye, is ‘n Bybel. ‘n Talmud. ‘n Upanishad. ‘n Koran.
Is die groot droom. Van groot verlang.
Ek so belowe.
Wim van der Walt