Op hierdie oggend in November maak ek ‘n draai by Bellville Biblioteek. Omdat ek bietjie tyd voor ‘n afspraak moes verwyl. En dan gaan mens maar waar jou hart geraak word.
Pikkie, wat nou ook al ietwat ouer dan voorheen lyk, waarsku my by die deur dat die biblioteek toe is vir verbeteringe. Maar die kunsgalery is oop. En juis daar loop ek met die verlede wat my net nie wil, kan los nie.
Daarna gaan snuffel ek weereens, nogmaals deur die boeke op uitverkoping. Ek weet ek moet nie. Ek weet ek mag nie. Al die boeke by my blyplek gaan weer begin skreeu wanneer ek met nog sou instap. Hulle weet, hulle het nie ‘n donnerse kans om voor my einde almal deurgelees te word nie. Kwaad vir my, al steek ek party hier en baie ander daar weg.
Maar op hierdie November oggend staan twee boeke tussen die ander regop vir my aandag. Graham Greene. Ek was nog nie eers mens toe hy begin skryf het nie. En ek het hom omtrent 54/55 jaar gelede ontmoet in die biblioteek daar in Kempton Park. En toe ek hom ontdek het, het ek hom getrou, slaafs begin lees.
Baie ander skrywers het egter bygekom en mens lees verder en verder. En raak opgewonde geraak deur nuwe literere nuanses van ander sielsgenote. En Graham Greene raak gaandeweg net ‘n wonderlike geheue.
Maar op hiri oggend koop ek toe twee Graham Greene boeke vir R 10 en stap, ‘n skurk, ‘n dief, by die biblioteek se deur uit. Pikkie kyk my net en vra of ek tevrede is met dinge. Ja, Pikkie, ja, maar ek sal weer kom opcheck.
En toe vat ek een Graham Greene boek saam met my in my koffiedrinkplek in. Daar is darem lig by daardie tafel terwyl mense somber deur die donker gange voortstap.
En ek begin ‘n kortverhaal van Graham Greene lees. Wat hy in 1954 geskryf het. Toe kon ek miskien al geloop het.
En nee, dit is nie die koffie wat my slaan nie. Nee, dit is Graham Greene. En skielik besef ek hoe baie diep het hy aan my gevorm in daardie Kempton Park dae en jare. Genuanseerde poetiese diepgang in die manier wat hy ‘n storie skryf. Wat die siel aan mens gefluister het om soos vel en sintuie vir altyd te onthou. En wat ek half van vergeet het. Tot Graham Greene my weer vandag kom vertel het, dat ek hom wel incognito die dekades ingevat het.
“There was no sign of anybody anywhere. The lav stood like a tomb in a neglected graveyard. The curtains were drawn. The house slept”.
T. raised eyes, as grey and disturbed as the drab August day”.
Graham Greene

Postscript- An almost weird ironic day. Late in the day, after my Graham Greene re-found at Bellville Library, after reading two heart rendering chapters of the man, I tried to download Lust for Life – Kirk Douglas in the film about Vincent van Gogh, but electricity cuts were having their day with me. Then I scrolled through some movies that I downloaded before, and ticked, clicked, on The Quiet American. Without thinking. A great movie. And, based on a novel by Graham Greene. The universe in an ironic venture to get to me. To face up to the past decades and the yearning that went with that. So, today, I had to face up to Graham Greene. Almost speechless.

Read the book. But watch the movie too.