So het Finbar hierdie song wat ek een aand diep gedroom, ge-bedink het, met ‘n tong en spoeg en verlange, en onthou een onbedagte aand baie wyd gesing. En toe, toe dink die Ier, die song is te mooi vir ‘n mens soos blote ekke. Toe steel hy my se harts song en hy sing dit soos niemand anders kan nie. Vir al die vrouens van die alfabet . ABCDE..Z.
Dankie Finbar. Maar eintlik is ek ietwat kwaad. Fury Furey. Ek hoop jy hoor my Finbar Furey.
Flippin Fury hier ter plaatse.