Tom Petty is ook nou ‘Free Fallin’. Ek wil net se Tom.

Wanneer die wiskunde-onderwyser my geheel en al verkeerd verstaan het, my ma-hulle oupa en ouma se onkundigheid oor die lewe geopenbaar het, die politici besig was om vir ons gate te grawe, die meisiekinders werklik swak smaak met hulle keuses geopenbaar het, die koerante verknoop was tussen self-indoktrinasie en die Springbokke voorgehou het as ‘n beter keuse as Ursula Andress, of is dit Undress?, daai niggie van Julie Andrews, toe was jy altyd daar.

Anders gesing as Groep Twee- en Drie-hulle, jy lekker saam met Bob, George en Roy-hulle geraas het, lewe hier op aarde ingeblaas het. Dankie!

Ja, julle word nou min. en my kniee-hulle wil niks meer weet van saam te skimmel nie. Hulle is sommer ‘n s***** spul.

Maar dankie, dankie Tom.

Koebaai Tom.

2 Oktober 2017