Eens op ‘n tyd mense, julle sal my nie glo nie, het daar skepe, anner naam bote, op die oseane gevaar in groot donkerte. Want hulle het nog nie elektrisiteit gehad nie. Hulle het net hulle se bote gehad. En die groot oseaan wat vir hulle ‘n horison gewaai het. Maar hulle moes. Hulle moes die see aanvat. Hulle harte, siele, het met hulle kwaad daaroor gepraat. Om te seil. Om ver te seil. Om te kan sien. Wat daar annerkant die horison vir ‘n mens wag. Maar die donkerte, die pikswart donkerte moes geduld word. Mense oge kan net in dagtyd werklik sien. Maar wat dan van nag op ‘n skip? Wat van ‘n mens se lyf wat nie die stampe van die nag en die groot verlang gelyk kan hanteer nie? Okay, okay brother, het die slim man wat daar in ene die gedorpie met staal en so gewerk het, gepraat. Ek gaan vir jou, vir julle ‘n kershouer maak. Ja, Ja, luister. Ene wat julle seekabouters teen die hout van die boot binne kan vaskap. Ja, ja, julle wat nog altyd gedink het ek is donners dom omdat ek nie mense gesond kan maak of goetters wyd kan saai wat met tyd mense se mage kan vol maak nie. Hiri is my bydrae tot humanity brother. Ek maak hiri kershouer vir julle seemanne. Kap hom vas teen die boot se houtmuur. Kyk, kyk, wat gaan nou gebeur. As jy op see is. Die skip, die boot gaan wieg en kantel. Maar brother, kyk my kershouer. My kershouer is so gemaak dat dit saam met die see kan wieg. Ek gee hom ‘n as. So dat ‘n stomstert kers gelate saam kantel in die houer wat met die see se streke gaan tred hou. So brother, moenie ooit weer sommer so praat dat ek donners dom is nie. Ek, ek, kershouerman, het vir julle lig op see gegee. Sien. Sien hoe my kershouer ten spyte van die see se tydlose irrasionele woede, kan bly wieg. Amper soos ‘n vrou, ‘n meisie se lyf. En so lig gang af laat bly skyn. Die donkerte se gat. Stuur my groete vir die horison. En die annerkant.

Ampie.