Wat weet mens? Ek kan nie helder onthou nie. Maar daar was ‘n dag, iewers in die 1960’s wat ek vir die eerste keer Edith Piaf gehoor het. Ek, aan die eenkant te jonk vir alles verstaanbaar, ek aan die anderkant met hierdie oor wat vreemde goed wou hoor. En toe begin Edith sing. Tot in my siel se hok. Die tralies het getril. En daar buite, my ma verkeer agter haar donker gordyn. En my pa werk slaafs en dan kom drink hy ‘n glas whiskey. En my een sussie kan nie loop nie en kan nie iewers vorentoe op haar eie nie. En nog twee kabouters kyk in die gang af. En toe, met dit alles, begin Edith sing. En ek het klein klein geweet. Die girl sing vir my van iets anderkant blote alledaagse dinge en walle voor opklimme en afvalle.
No regrets.
Thanks Edith.
Groot dankbaarte.
Wim in die Karoo wat oneindiglik bly skim