https://music.youtube.com/watch?v=Uc0x7xOap4I&list=RDAMVMTlTKhPkZSJo

Ja, demmit, dit was 1964. Ek was besig om op die draadloos na musiek te soek. LM Radio en Special Occasion en Evelyn Martin was nog ure vorentoe. Hoe, weet ek nie. Maar daar gebeur dit. Dankie dankie my ouma vir daardie radiotjie. Hulle hulle begin sing. ‘n Intellektuele lied. Verstaanbaar vir iemand soos ek toe al reeds baie reeds. Borselkop, gesproet, maar kon verstaan as gode begin sing.

Jislaaik, ek het die radiotjie hard gedraai en gehardloop vir my ma hulle se kamer. Daar was ‘n spieelkas. En Elvis van die Groot Karoo het sy heupe gegooi. Ek het uiteraard immers gesien hoe maak hy in die Apollo teater daar in die hoofstraat. Kniee en kaalvoete, tone, het gevolg.

Dames en here, veral julle, die dames. Baie jammer julle moes dit gemis het.

Doo Wah Diddy , in die Groot Karoo. Hel, wat ‘n middag.