Dit was baie vroeg in die 1960’s wat hy, Charles, Charles Jacobie, oor dari vergeefse draadloos in Victoria Wes se leefvertrek sommer begin sing het. Ek weet nie waar ek ore gekry het nie, maar skielik kom ek, op daardie Karoo oggend agter, my siel het ‘n blerrie lied. Ja, ja, ek weet, baie blerrie basies ja, maar dit was die 1960’s. En skielik was ek, daar in die Karoo, bloot ook die hunkering van menswees. Met ore, en kniekoppe. En die anderkant van verlange.

Dankie Charles. Charles, jy weet waarskynlik nie, nee, jy het maar vir almal gesing, wat jy vir ‘n poenskop beteken het nie. Om nie te praat van my verrasde krul-tone nie. Jy, het, blikskottel, Bob Dylan-hulle wakker gemaak. Jy Charles Jacobie.

Partykeer, laat aand Mocking Bird ek.

https://music.youtube.com/watch?v=6bgpvDtAAlk