Sign In
Home
W. Reading
Die wydruimte van die lewe
Die wydruimte van die lewe
Save
Share
Vanoggend gaan ek om ‘n huis te waardeer. Twee werklik innemende mense, broers, verwelkom my. Ons gesels dinge. Hierdie kant, daardie kant toe. Maar daar hang hierdie rokke. ‘n Leeftyd gelede se gebeure. En skuins agter, weg van die vroee vreugde, staan ‘n rystoel. Wat nou nie meer nodig is vir die vrou wie se rokke teen die oggend-deur gelate hang nie.
Nou is alles maar net gelate reg om bloot te verkoop.
The sadness, the sadness. Dit is die Skotte wat dit met die regte aksente uitspreek. Maar dit is ons blote mense wat so na ‘n wang verlang.