Ek moes vir iemand wag wat by Takelot iets moes optel. Toe maak ek (weer) ‘n groot fout. Ek gaan stap toe vir jaareinde troos deur een van my gunsteling plekke. Die Handelshuis in Bellville. Ek het geweet ek moenie.
En daar op ‘n tafel le hierdie enorme swaar kunswerk. En dit begin sommer net daar spook. Lispel saggies, ‘koop my’. Ek doen.

En nou is ek goed in die moeilikheid. Met al my moeilike fotos en kunswerke, boeke, nog hierdie beeld ook. Jy moet baie dapper wees om dit alles laat aand te verduur. Maar, ek kon nie myself keer nie.

Ek het geen ruggraat nie. Ek is kuns-impulsief. Ek is ‘n gevaar vir die samelewing. Sies man Wim!