Dit was die vroege 1960’s in Victoria Wes. Groot Karoo. Daar tussen die koppies. Blikskottel. Die Karoo was half vaal, en droog en het in wye vlaktes hard op alles geskreeu, ‘n verlange gekerm. Die grootmense het dinge gedoen. Dit en dat. Maar. Daar was kinders. Meisiekinders ook, maar demn, ons manne was belangriker. Fundamentele bewysplase van intelegente lewe op planeet aarde. Intelegente (Spaans), Intelligent (English).

En so was dit ‘n dag wat ons manne nie op die skoolbanke dinge universeel verklaarbaar moes maak nie. Gode genade. Ek en my vriende, Bernie, Richard, Kosie, miskien Maartin, ai Maartin ook, het ons dorp ge’roam. En op daardie spesifieke dag was ons daar by die pad, ‘n teerpad dames en here, vanuit Beaufort Wes deur Victoria Wes se middel- as. Ene wat mense Noorde toe moes vat. Die dinamika van karre wat deur ons dorp stroom na elders, het ons dorps-filosowe diep geboei.

So bevind ons ons daar op ‘n punt in die lang diep donga sloot langs die Beaufort Wes TEER-pad. Bernie hulle se huis was teen die rant. Bo dorp. Richard en my ouerhuise annerkant. Meer onderdorp.

Maar ons stroom. Met kaalvoete, met bossiekop hare en kniekoppe. Hierdie kant toe, Daardie kant toe. Selfs deur ‘n nuwe huis se plafon geval.

En toe, bevind ons ons in daardie donga sloot langs die grootpad. Ek sien ons nog. Kaalvoete, kniekoppe, oge wat helder vir oormore.

En toe. Ons verstrak. Voor ons in die sloot is daar ‘n voorwerp geheel en al onbekend, onverstaanbaar, vir ons intelektuele plaaslike reuse. Ons kyk.

Voor ons op die Karoo grond, verskuild van die grootpad daarbo, is daar ‘n soort van wit doekie wat bloot daar uitgestrek le. Daar, edelagbare, was egter bloed op. Een of ander mens, miskien ‘n verskeidenheid van hulle, het die bloeddoekie daar ge-drop.

Angst, is die Duitse woord vir hierdie ervaring. Onbekend. Onbewoord in Affirkaans. ‘n Onverklaarbare eksistensiele ontploffing. Ons kyk. Tjoepstil. Kaalvoet. Kniekoppe wat begin weifel.

Toe praat ek. Met my meerdere filosofiese bewoording. Ek kyk die manne so en toe se ek so. “Die ‘ducktails’ was hier”.

Die manne sidder. Skok. In hulle se oge. In hulle se siele. En myne ook.

Die bloed op ‘n doekie. Die ‘ducktails’ was hier.

Hulle se oge het gerek. Angst. Vrees. Groot f^*% gevaar.

Toe. Toe maak ons gatskoon.

Niemand wou aan die agterkant wees nie.

Het julle al ooit Karoo helde gesien hol?

Demmit.

En daarna, was ek uiters sensitief met my LM Radio omgaan. Versigtig. Vir Elvis. Vir Cliff. Vir Buddy. Vir Little Richard. Vir Chuck. Chuck Berry.

Ducktails.

Wat miskien die Karoo besoek het.

Die gevaarlike ducktails.

Mens kry nou nog die bewerasies in retrospeksie.